Mignon Alicia Smalman

Hoërskool Florida

Ouderdom

18

Tuisdorp

Florida

Skool

Hoërskool Florida

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Mevrou Letsie Du Plooy

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Vandat ek kan onthou wou ek n prinses geword het. Al die Disney flieks oor Aspoestertjie, die Slapende Skoonheid en Skoonlief en die Ondier het my in n droomwêreld laat dwaal. Ek het gedroom om n kroon te dra, n balrok te hê en om soos n feeprinses te lyk.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My prinsesrok het my kinderdae drome bewaarheid. Die klein dogtertjie binne my het iets gekry waarvoor sy so lank gewag het en ek het weer besef dat die lewe wel soms n sprokiesverhaal kan wees. Ek het ontsnap van die moeilike realiteite van die lewe vir n paar oomblikke en iets binne my het die bevrediging gekry waarvoor ek jare lank al vir soek. My rok was soos n metgesel wat die diepste dele van my hart kon uitstraal. My rok het my hele wese weerspieël – n lojale en dapper hart, n koninklike sagmoedigheid en die belangrikste van alles, Jesus se prinses.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Definitief toe ek in Usambara se tuin rondgeloop het in die nag saam my vriend en vriendin. Sy het toe die mooiste middernag-Aspoestertjie-foto's van my geneem wat ek vir altyd sal koester.

Planne vir na matriek

Ek wil studeer om n veearts te word, maar ek gaan eers n oorbruggingsjaar neem waartydens ek gaan werk by veeartse regoor die land, vrywillige werk gaan doen en die 'Grace and Truth Gap Year' gaan vat.

Gunsteling woord in Afrikaans

Palatalisasie

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media