Miezell Abrie
Hoërskool Ben Viljoen
Tuisdorp
Groblersdal
Skool
Hoërskool Ben Viljoen
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Antoinette Martens.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Toe ek n soortgelyke rok op Pinterest sien het ek dadelik geweet dit is my droom matriekafskeidrok. Dit was nie sommer net n mooi rok nie; dit was n gevoel, n emosie en iets wat my herinner van my drome as n kind.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek het nog altyd n groot liefde vir blomme gehad en daarom het ek geweet ek wou dit in my rok inkorporeer - nie net as n detail nie, maar om te sê wie ek is as jong dame. Vir my simboliseer blomme groei, sagtheid en mooiheid wat soms net van binne kan afkom. Ek wou uitstaan, nie om aandag te trek nie, maar omdat ek wou hê my rok moes wys wie ek is: iemand wat glo in innerlike skoonheid, uniekheid en wat nie bang is om anders te wees nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was toe ek my vriende en familie asemloos gelaat het, met my rok keuse. Niemand het verwag dat ek n sagte sprokiesrok gaan kies nie. My doel was om vir n aand soos n prinses te lyk ek wou hê mense moet dink aan betowerde tuine, sagte sonsondergange en my droom wat waar geword het.
Planne vir na matriek
Ek wil graag vir n prokeur gaan studeer. Ek wil graag mense help om op te staan vir hul regte en waarin hulle glo. Ek het nog altyd n passie gehad om mense te help veral omdat die wêreld wreed en onregverdig is.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sprokiesverhaal
Datum van matriekafskeid
2025-10-01