Mieke Wepener

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok was ‘n mengsel van klassieke elegansie en moderne wending. Die basiskleur was 'n diep swart en die rok was gemaak om my soos ‘n ware prinses uit ‘n sprokie te laat voel. Swart was nog altyd ‘n kleur waarin ek gemaklik gevoel het. Die rok het bestaan uit ‘n korset gemaak van Duchess satyn, pofferige armpies gemaak uit tule, ‘n wye tule romp met swart satyn onder die romp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was definitief die rok van Giambattista Valli wat Sofia Carson by die Oscars van 2022 gedra het. Ek het baie van die effek van die materiaal gehou en hoe die korset bietjie deur die materiaal bo-oor deurgeskyn het. Ek was opsoek na ‘n rok met dieselfde tipe effek as haar rok. Daar was toe ‘n deel van my wat gevoel het dat iets nog kort sodat dit my droomrok word. Ek het toe besluit om deur Pinterest te gaan soek sodat ek nog meer inspirasie kan kry en toe sien ek hoe ek wil hê my droomrok moet lyk. Die rok wat ek op Pinterest gesien het, was eintlik ‘n trourok, maar dit is definitief steeds gepas vir ‘n matriekafskeid. Die rok was volgens die prentjie gemaak, al wat ek bygesit het was ‘n spleet (“slit”) sodat ek beter kan loop en dans.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is definitief die moue. Die moue het my laat voel soos ‘n werklike prinses en dit het ‘n effek van elegansie gegee. Gelukkig was my moue nie vasgewerk aan my rok nie, so ek kon deur die aand kies of ek dit wil aanhou of afhaal. Nog ‘n gunstelling deel was my skoene. Die skoene was voorheen spierwit, maar met ‘n bietjie gom, glinster (“glitter”) en ‘n seëlmiddel, het ek my droomskoene gemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media