Mieke Vermeulen

Hoerskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Geel was my eerste keuse vir 'n matriek afskeid rok van graad 1 af! Ek wou graag 'n rok he waarvan die romp kon afhaal, en het besluit op 'n broekpak met 'n romp bo-oor. Dit het wonderlik gewerk en vir die matriekafskeid dans kon ek die romp afhaal en die dansvloer behoorlik geniet! Ek het 'n paar idees oor die ontwerp van die rok gehad, en het my idees met my ontwerper gedeel en saam het ons met my droomrok idee vorendag gekom. My ontwerper het die regte kleur geel vir my gelaatskleur gekies, en details wat vir my uitstaan is die strikke op my skouers, die fyn blomme en perels details oor die lyf, en die lang romp wat agter my gesleep het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was eerstens die kleur geel, en dan verskillende idees van verskillende rokke wat ek deur die jare gesien het. Ek het stukkies van baie rokke as inspirasie vir my rok gebruik, en was bly dat my rok werklikwaar uniek en besonders was.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die feit dat die romp kon afkom en die feit dat niemand anders dieselfde kleur geel as my rok gehad het nie, omdat my ontwerper die geel van die romp per hand gekleur het, en dis dus uniek was.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media