Mieke Veldman

Hoërskool Louis Trichardt

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is pienk met sagte blommetjies aan die bo-kant. Dit het ń korset vorm en die bandjies is klein pêreltjies op deurskynende bandjies. Die rok se eerste laag is satyn met ń 2de laag materiaal wat dit voller maak. Die rok maak agter vas met dun lint wat deurgeryg word.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Elke dogtertjie droom een keer in haar lewe om ń prinses te wees. Hierdie droom het vir my waar geword, te danke aan my rok. Die blommetjies bo- aan die rok het my saggeaarde persoonlikheid perfek beskryf. Die sagte pink kleur van die rok het al my kwaliteite weerspieël. Die pêreltjies op die bandjies het die detail net meer in die blommetjies uitgebring. Hierdie rok het my selfvertroue uitgebring en my toegelaat om konstant ń glimlag op my gesig te hê. Hierdie rok het my matriekafskeid drome waar gemaak en dit is oomblikke wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van die rok was definitief die vol-sirkel romp wat vloeiend uitgeskop het. As ek draai het die rok so mooi uitgeswaai. Dit het definitief almal se oë op die dansvloer vasgevang.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media