Mieke van der Linde

Hoër Volkskool Potchefstroom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is 'n klassieke rooi met 'n sparkle wat skitter soos daar beweeg word in verskillende omgewings, 'n eenvoudige ontwerp wat elegant en tydloos is. Die WOW faktor is defnitief die rug, wat heeltemal oop is en toe ruig. Dit was vir my belangrik dat die rok gemaklik moet wees, maar ook die WOW faktor moet hê. Ek is immers baie lief vir dans en wou die heel aand gemaklik wees. Die "train" kan opgetel word en met 'n knopie vasgehaak word wat beweging bevorder.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoër Volkskool Potchefstroom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die heel belangrikste vir my was dat my rok klassieke elegansie moet weerspiëel en absoluut tydloos moet wees. Ek wil oor 20 jaar van nou af terugkyk en dink, WOW! En nie gebonde wees aan 'n ontwerp wat tydgebonde was nie. 'n Klassieke Audrey Hepburn of Marilyn Monroe was my inspirasie - stylvol, smaakvol en tydloos.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die spreuke, hoe rooier hoe mooier is in my geval heel bo aan die lys. Ek voel altyd ongelooflik wanneer ek rooi dra. Alles van my rok was my gunsteling, aangesien alles van die rok absoluut perfek vir my was. Dit beeld my persoonlikheid uit. Ek het tydloos en elegant gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media