Mieke Oelofse
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My enigste voorvereiste van die begin af was dat ek wou BLINK. As iemand wat nogal besluiteloos is, het ek my voorberei op ‘n lang proses van rokke aanpas om uiteindelik by my droomrok se snit en kleur uit te kom. Hierdie rok was die heel eerste rok wat ek aangepas het en ek was dadelik verlief! Hy was absoluut nommerpas en het gelyk of hy vir my gemaak is. Ons het hom dadelik gekoop!
