Miecke Viviers

Die Brandwag Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok was 'n wit styfpassende sequins jumpsuit met ‘n afhaalbare romp en sleep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Die Brandwag Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd mal oor mode en rokke… Ek het op Pinterest gekyk na idees, maar kon niks kry wat regtig vir my uitgestaan het nie, toe besluit ek maar om net my eie kop te volg. My inspirasie was die gedagte aan die einde van my skoolloopbaan en die opgewondendheid vir wat die toekoms mag inhou. Ek hou van 'n uitdaging en ek het gedink as my rok my nie opgewonde en bang maak nie, dan is dit nie die een nie. Dit moes iets wees waarin ek mooi voel, wat by my pas, 'n kombinaste van elegansie en uniekheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek kon nie anders as om elke keer te twirl voor die spieel wanneer ons gaan pas het nie. Dit was net "WOW" in hoofletters. Ek was mal oor die bling asook die verre afwerking op die arm en sleep. Alles het net reg gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media