Micke Ludick
Helpmekaar Kollege
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
vreugde
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek was nog altyd geïnspireer deur Prinses Belle uit Beauty and the Beast. Haar goue rok en vriendelike gees het my altyd laat dink aan ware skoonheid en warmte. Ek wou graag daardie gevoel vasvang, sag, vol selfvertroue en ‘n bietjie van ‘n droomwêreld. Ek sal sê dat my rok my persoonlikheid ook weerspieël, want ek hou daarvan om mense te maak lag en om almal te leer ken.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok beteken dat ek vir een dag iets kan dra wat nie skoolklere is nie! Maar eintlik is my matriekafskeidrok soos ‘n viering van wie ek is en wat ek alles bereik het. Dit laat my spesiaal voel op ‘n dag wat net vir my is, en dit herinner my aan hoe ver ek gekom het. Dit het my laat voel soos die hoofkarakter van my eie storie.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04