Michelle van Rensburg
Hoërskool Noordheuwel
Tuisdorp
Krugersdorp
Skool
Hoërskool Noordheuwel
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek en my ma het saam die idee en ontwerp van my matriekafskeidrok ontwikkel. Sy het gehelp om die konsep vorm te gee en natuurlik die rok self gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok het gekom van die begeerte om uniek te wees, maar steeds klassiek en onvergeetlik. Die rose gold kleur het vir my n luukse gevoel gegee terwyl die pienk organza-moue n sagte, vroulike gevoel skep. Die groot strikke bring n tikkie drama, maar steeds deftig en elegant.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is soveel meer as net n rok. My ma het dit self gemaak met al haar liefde en sorg. Elke steek en elke detail beeld haar liefde en kreatiwiteit uit, en dit maak die rok besonders en spesiaal vir my. Die rok n weerspieëling van wie ek is.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die fotosessie waar ek my familie en kêrel se mooi reaksie kon sien en ervaar. Dit was werklik spesiaal om daardie dag saam met hulle te kon deel en dat ek die mooi herinneringe kon vasvang in die fotos. Dit was n onvergeetlike, mooi aand gewees saam my vriendinne.
Planne vir na matriek
Ek beplan om by die Universiteit van Pretoria n BSc graad te studeer wat spesialiseer in voedselwetenskap.
Gunsteling woord in Afrikaans
Deftig
Datum van matriekafskeid
2025-10-03