My grootste inspirasie vir my rok was al die stories en films van prinsesse wat ek in my kleuterjare gekyk het. Ek het nog altyd geweet ek wil ń korset rok hê wat soos Belle van Beauty and The Beast se rok draai as ek daans.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dis moeilik om net een deel te kies omdat elke deel van my rok spesiaal is vir my. As ek moes kies is die kleur van my rok my gunsteling deel, die poskantoor rooi beeld my persoonlikheid en my gunsteling kleur uit en verteenwoordig vir my liefde, passie en krag. Die eienskappe is vir my die kern van my mens wees en is ń groot deel van my waardes