Michelle Prinsloo

Komatipoort Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is maar plain en eenvoudig sonder enige fieterjasies. Hy het n v-nek met dun straps oor my skouers en het stukkies materiaal wat om my arms gedrapeer is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag n eenvoudige maar tog stylvolle rok gehad het vir my Matriekafskeid. Ek het op n ontwerp afgekom eendag wat presies dit was en ek het onmiddelik geweet dit gaan wees hoe my rok gaan lyk. Ek het hierdie spesefieke pienk glitter materiaal gekies want ek het van kleins af altyd gese my rok moet skitter soos wat ek loop en die pienk was ook n uitgemaakte saak omdat dit al my hele lewe lank my gunsteling kleur is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die manier hoe die materiaal silwer of pienk kan voorkom in verskillende tipes lig en hoe hierdie rok was n presiese weerspieëling van wie ek is en elemente bevat waaroor die klein ek gedroom het.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media