Michelle Anderson

E.G Jansen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is baie lief vir die natuur en diere. My familie sukkel finansieel so dit was n konstante stres oor hoe ek my matriekafskeid rok gaan laat maak. My sussie wat tans 21 is, doen naaldwerk as n stokperdjie. Ek het haar gesmeek om my rok te maak, maar sy was baie skepties omdat dit so veeleisende taak is. Ek het haar moed ingepraat en sy het ingestem. Sy het my sprokiesrok laat waar word met haar eie twee hande, n naald en garing.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is verskriklik lief vir die natuur en diere. Ek streef ook elke dag daarna om lig rondom my uit te straal en ek het geweet ek soek n rok wat natuur en lig uitbeeld. My rok is geinspireer deur die elemente van natuur, water en blomme.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die manier hoe my rok my perfek gepas het en die blomme my laat voel het soos "Cinderella". Ek het elke oomblik soos n sostraal gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media