Michayla Lessing

Hoërskool Klerksdorp

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ontwerpkeuse was verseker nie net lyne en vere nie maar elke lyn het n diep betekenis. Die vere van my rok was 3 verskillende kleure, lig blou, donker blou en n gemiddelde blou. Dit simboliseer die 3 fases van skool. Kleuterskool - lig blou, Laerskool - gemiddelde blou en Hoërskool- donker blou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Natuurlik! Ek sou my skool, Hoërskool Klerksdorp se matriekafskeid 2023 vir niks mis nie.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was alles gebaseer op my storie. Elke lyn het seer, verlies, liefde, vrede en geluk getoon. As n jong volwasse, het jy so baie uitdagings waardeur jy moet gaan. Slegte dinge gaan gebeur maar na elke storm is daar n reënboog. Elke lyn op jou gesig sê iets van wie jy is, van lyne wat duidelik is en van hulle wat lig is, jou storie lê in jou gesig. Elke lyn het vrae van die verlede en waar ons is in die hede, n diep vertele van jou storie en wie jy is in jou glorie. My storie lê diep in my hart, daarom het ek dit op my rok gesimboliseer met donker lyne en ligte lyne. Nes n Pou sy vere pronk, het ek myne met die donker en lig van die lewe uitgebeeld.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is verseker elke liewe steen wat my sprakel persoonlikheid verteenwoordig. Ek hou baie van "bling" daarom het ek en my ontwerper Elmarie van Elmarie Jooste Couture mal gegaan met die stene.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media