Michayla Kotze

DF Malan Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou myself en die pad wat ek gestap het in my rok uitbeeld. My rok was skakerings van blou en groen wat met die son wat daarop val so mooi geglinster het. Dit het so mooi van kleure verander. Die kleure is sag tog helder en op alle vlakke uitstaande en stralend. Dit vang die natuur van groen gras en die pragtige blou van die lug. Dit is 'n aardse meermin-kleur en so effe verkleurmannetjieagtig met sy verandering afhangend van hoe die lig daarop val. Die slee was pragtig lank en breed en met die oop rug kon ek van voor en agter pronk en totaal en al soos 'n Prinses voel. Die slee was maklik om op te tel en oor my arm te gooi en van skoentjies uittrek as kaalvoet boeremeisie laat ek nie op my wag nie, het die aand weggedans en ten volle elke deel van my rok laat swaai. Dit was asemrowend en verseker die rooitapyt rok van die aand. Dit het vroulikheid en elegansie totaal laat seevier!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

27 September 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter die ontwerp van die rok was om nie net 'n soliede kleur te kies maar 'n pragstuk van ontwerpers materiaal wat verskillende kleure met een rok ten toon te kon stel afhangend van hoe die son of ligte daarop geskyn het, so het my rok geskyn en geglinster. Dit was 'n beeld van vloeiende water en die beweging en slee van my rok wat elegansie gewys en totaal en al “magical” vertoon het. Ek kon die rooi tapyt "own". Dit was prentjie mooi!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die beweging van elke tree wat die rok laat skitter het op 'n ander kleur en hoe die elegansie daarvan voor en agter totaal en al my persoonlikheid en styl uitgebeeld het. Ek wou dit nie uittrek nie! Dit het my absoluut perfek gepas en die vroulikheid en elegansie van die lang sleë. Dit het gevoel of ek 'n Prinses is, net reg om in 'n Kasteel in te loop. Die rok kon nie mooier uitgekom het nie en was die kosbaarste ding om my Matriekafskeid-droomrok te kon hê en op so 'n hoë noot my Hoërskoolloopbaan te kon afsluit.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media