Michaela Pottas

Goudveld Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur Stephen van Eeden. Hierdie kopergoue rok is uniek. Die rok bestaan uit krale borduurwerk, en sequin- strooiing soos net Stephen dit kan doen. Ekstra handkralewerk en kristalle is bygevoeg om dimensie en beweging te skep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Goudveld Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het Stephen se ateljee gaan besoek met die doel om 'n ander rok aan te pas, maar toe ek hierdie rok daar sien hang het ek geweet dit is die een wat ek wil hê! Die rok is al deur verskeie beelskone dames gedra, onderandere Chelsi Shikongo - Mej Namibia 2021, Chanique Rabe - Mej Supranational 2021 en ook Jo-Ann Strauss. Ek het geweet ek is in die regte geselskap en gaan absoluut stylvol lyk. My hare en grimering se ou-Hollywood voorkoms het perfek gepas by die rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was beslis die speellerigheid en beweeglikheid van die krale. Die manier hoe die son en later die aand die ligte, weerkaats het vanaf die rok, het die rok die heelaand interessant gehou. Die moutjie met die kristalle wat afhang was ook 'n fokuspunt van die rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media