Michaela McDonald

Bredasdorp Hoërskool

Tuisdorp

Gansbaai

Skool

Bredasdorp Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok op Sherri Hill se webwerf bestel

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets dra wat my persoonlikheid uitbeeld, maar steeds stylvol is. Ek is iemand wat glo in betekenis agter skoonheid. Die sagte wit en blou kleure het my aandag getrek omdat ek vrede en balans waardeer, maar tog wou ek hê my teenwoordigheid moes elagant opval.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My wit en blou Delfs-rok voel vir my soos iets uit n droom. Die see was nog altyd my toevlug so wanneer ek in die rok staan, voel dit of die see self in my materiaal leef - die golwe, die wind, die stilte. Die sagte vloei van die materiaal weerspieël die glowe van die see terwyl die delikate blou blomme nie skreeuend is nie, maar tog opvallend - net soos ek wat nie hard hoef te wees om sterk te wees nie. Dit bring vir my n gevoel van tydlose skoonheid, waar elke vou van die rok n storie vertel van my lewe en my vroulikheid.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om net nog een aand saam my wonderlike vriende en graadgroep te kon spandeer vol geluk en vrede voordat die spanning van eksamens sou opbou.

Planne vir na matriek

Ek wil graag na skool aupair as n geleentheid om die werêld te sien en te spaar vir my studies, daarna wil ek radiologie swot. Dit was nog altyd my passie om mense te help en radiologie pas my persoonlikheid perfek.

Gunsteling woord in Afrikaans

Aitsa!

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media