Micayla van Rooyen

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het nog altyd geglo in die sê-ding "less is more" en daarom het ek 'n rok gekies wat elegant maar dramaties is . Vandat ek begin kyk het na idees vir my matreikafskeid rok , het ek geweet ek soek 'n rok wat mense se monde sal laat oophang . Hierdie rok het definitief al my verwagtinge oortref , met 'n groot strik wat om my arms vou en 'n lang sleep wat die rok afrond . Ek het gekies om die rok hot pink te maak wat pas by die skakering van my vel en die kleur van my hare .

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was definitief my begeerte van selfuitdrukking en individualiteit . Ek het lank gesoek na 'n lewendige kleur rok wat my vroulikheid , selfvertroue en selfstandigheid kan beklemtoon .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was beslis die lae snit van die rok by my rug tesame met die groot strik wat die rok afrond . Ek kon die strik afhaal toe ons gaan dans het , wat die res van die aand baie meer gemaklik gemaak het .

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media