Micayla Bouwer

Hoër skool Piet Retief

Tuisdorp

Piet Retief

Skool

Hoër skool Piet Retief

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

ñ Vriendin, wat modeontwerp studeer het, Julia Rijkenberg, het hom ontwerp en gemaak as n taak vir haar finale eksamen.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Toe Gal Gadot in Wonder Woman 1984 uit die kar uit klim by die rooi tapyt en haar wit rok wapper in die wind, het ek geweet dat dit my matriekafskeid rok gaan wees. Dit het n atmosfeer geskep wat aandag trek na n sterk vrou en ek wou graag ook dit uitbeeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is n uitbeelding van die rustige en eenvoudige mens wat ek is, met sagte vroulikheid wat hier en daar weg gesteek is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die atmosfeer onder die mense toe ek en my metgesel by die rooi tapyt afgeloop het en my hart vinniger begin klop het.

Planne vir na matriek

Ek wil graag n graad in onderwys behaal en n Phd in Afrikaans en Engels. My groot droom is om eendag n professor in Engels te word en my passie vir die taal oor te dra na ander.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media