Mia Zwanepoel

Gelofte Skool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het eintlik perongeluk op die rok afgekom. Ek en my ma was opsoek na ‘n rok vir my skool se jaarlikse skoonheidskompetisie, Mej. Gelofte en Mnr. Sjarmant, aan die begin van my gr.11 jaar. Ek was in die aantrekkamer besig om rokke aan te pas, toe my ma vir my ‘n rok deur die gordyn aangee en vra om dit aan te pas, net uit interessantheid en nie noodwendig vir die skoonheidskompetisie nie. Die oomblik toe ek myself in die spieël sien, het ek dadelik geweet dat dít my matriekafskeidrok was. En na ‘n jaar en 2maande se wegkruipertjie speel, sodat niemand my rok sien nie, was ek net so verlief op my rok soos ek was daardie eerste dag.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Gelofte Skool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek dink elke dogtertjie droom maar oor haar matriekafskeid, die dag wanneer jy ook jou kans kry om tot middernag ‘n prinses te wees. Oor die jare, soos mens maar groot word, het my droom van ‘n blou aspoestertjie rok so bietjie verander. Van uitspattige kleure met baie blinkers, het dit verander na ek wat baie graag ‘n rok wou hê wat my natuurlike kleurpalet komplimenteer. Ek wou ‘n rok hê wat aandag trek na wie ek is en nie die lyf wat die rok dra nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die bostuk van die rok. Van die oomblik toe ek die rok eers gesien het, het die bostuk my aandag getrek. Die klassieke styl wat geskep word deur die kombinasie van die kant, steentjies en antieke kleure was net iets besonders. Ek was mal oor hoe elke unieke individuele detail, wat uitstaan op sy eie, op een of ander manier die rok as geheel komplimenteer. Dit was iets uit ‘n sprokies verhaal. Die vere was die kersie op die koek.

Datum van matriekafskeid?

2023-07-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media