Mia Van Wyngaard

Outeniqua Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wonder al vir jare lank oor hoe my matriekafskeidrok sal lyk. My rok was beslis beter as waaroor ek gedroom het ! Die rok was perfek vir my en het my lyf, hare en oë beklemtoon. Ek sou my rok vir geen ander een verruil nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

JA

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die kleur van my oë was dieselfde kleur as my blou-groen rok. Asook die seisoen lente met die blomme patrone op my rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die blou-groen kleur wat die rok vars en skoon laat lyk. Die blink blomme patrone was ook een van my gunsteling dele en het dit beslis daai ‘wow’ faktor gegee wanneer die lig daarop skyn. My rok was gemaklik en ek kon die hele aand myself daarin wees.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media