Mia Stander

Curro Durbanville Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur Anje Pansegrouw - 'n ongelooflike talentvolle ontwerper in Stellenberg. My ma het haar ontdek toe my suster se matriekafskeidrok ontwerp was. Haar fyn werk en presiese vasvang van my droomrok was ongelooflik en ek het soos 'n feëprinses gevoel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, dit het plaas gevind by Eengezind.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die flikste antwoord sou wees Pinterest, maar dit het net die laaste fyn idees vir my aangebied. Van kleins af was ek nog altyd my ma se prinses, maar het nog nooit gevoel as of ek daai standaart kan volmaak nie. Met die fantasieke ontwerp wou ek my ma se asem weg roof en my rok het daai wens voldoen. Die moue was al van die begin af 'n moet, want ek wil vir die generasie voor en na my wys dat jy hoef nie so veel as moontlik naak wees om beeldskoon te wees nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Met alle vertroue kan ek sê dit is my moue. Dit mag dalk simplisties op sy eie wees, maar saam met my roos rok het dit alles net reg gemaak. Dit het ook my gemaklik in my vel laat voel en 'n mens moet altyd die fyn details waardeer, nes die briljante patrone aan die einde van die moue.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media