Mia Slippers

Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van dag een af geweet dat ek ‘n ‘slip dress’ wil hê. Daar is iets aan die vloei van die rok en manier hoe dit perfek om jou ligaam vou wat vir my magies is. Die keuse van die kleur was maklik - die kleur van ‘n pêrel, romanties en elegant maar tog jonk. Die rug met die druppelvormige pêrel aan die dun goue kettinkie het ek bygevoeg vir ‘n sagte sensuele ‘touch’.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die eerste ding wat ek met my sakgeld gekoop het (wat nie lekkergoed is nie), was ‘n Vogue tydskrif. Enige iemand wat hul mode geskiedenis ken sal kan verstaan dat ek dus ‘n diep bewondering vir Cindy Crawford het. Haar vermoë om elegant aan te trek en steeds koppe te draai is presies wat ek probeer regkry het met hierdie rok. Op die ou einde voel ek dat jou matriekafskeidrok die jong volwassene wat jy is en wil wees reflekteer en myne is dus as volg: elegant, sensueel en tydloos.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die rug ! Ek is mal daaroor dat die rok jou dwing om dit van nader en alle kante te bekyk om dit ten volle te waardeer - dit voeg vir my diepte by die rok. Verder is die beweging van die rok amper soortgelyk aan die vloei van water wat ook vir my ‘n addisionele ‘feature’ is, waaroor ek mal is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media