Mia Nel

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak deur Jolandie van Jolache Couture. Dit is 'n elegante rooi nommer met 'n oop rug en 'n sleep. Die rok het 'n ingewikkelde kantontwerp en 'n hoë spleet aan die voorkant. Die kantdetail voeg 'n verfynde en modieuse aanslag by die rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n rooi rok dra vir my matriekafskeid. Ek wou gaan vir die "lady in red" tipe vibe. My inspirasie was een van Jolandie se vorige ontwerpe wat 'n swart nommer met dieselfde styl was. Ons het gepoog om dit uniek te maak deur steuntjies en blinkers by te sit. My inspirasie is 'n kombinasie van klassieke elegansie en moderne glamour. Die rooi kleur is sterk en opvallend wat selfvertroue en styl uitstraal. Die fyn kantdetail en die hoë spleet aan die voorkant bring, modieuse flair by terwyl die oop rug met die sleep aan die agterkant 'n tikkie dramatiese klassiekheid gee. Dis 'n droomrok wat my unieke persoonlikheid en smaak wys.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die oop rug met die sleep is my gunsteling deel en regtig 'n show-stopper.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media