Mia Meyburgh

C&N Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Balans

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok gehad het wat nie net gedra word nie, maar n storie vertel . van skoonheid wat in die eenvoudigste dingetjies lê. Ek wou iets hê wat elegant, sag en natuurlik voel , iets wat beweeg saam met my en nie teen my nie. n Rok wat moderne minimalisties met tydlose vroulikheid weerspiel. Die voorkant van my oyster kleur rok is eenvoudig en klassiek, terwyl die oop rug met goue buckles die hele voorkoms van die rok n moderne en unieke "kick" gee

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeid rok beteken vir my vervulling van drome wat begin het toe ek nog n klein dogtertjie was en toe ek my plastiek hakskoene gedra het wat ‘klik-klik’ deur die huis weergalm het. As kind het ek altyd vir my ma vertel hoe ek eendag op my matriekafskeid soos ’n prinses wou voel, en saam het ons deur die jare oor kleure, materiaal en styl gedroom om die beste weerspieeling van my persoonlikheid uit te beeld . Toe ek my rok die eerste keer aantrek , het dit gevoel asof al daardie kinderlike drome in daardie plooie detail vasgeklou het, Elke vou herinner my aan hoe mooi dit is om net jouself te wees.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media