Mia Kotze

Hoërskool Bellville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het nog altyd geweet dat ek'n skitterende rok na my matriekafskeid toe wou dra en toe ek die wit rok sien het ek dadelik geweet dat dit my rok was! Dit is 'n wit rok wat bestaan uit sequins wat verskillende skakerings van pienk, pers en blou vertoon. Daar is ook klein kraletjies wat op die rok geborduur is om 'n unieke patroon daarop te skep wat dit elegant laat lyk. Die rok het 'n lae oop rug met 'n snit wat by die been op loop.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Bellville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het eintlik 'n rooi rok ingedagte gehad toe ek vir my matriekafskeidrok begin soek het, maar ek het ook nog altyd geweet dat enigiets wat glansend en blinkend was my oog sou vang, ek spot soms dat ek soos 'n disco-bal wou lyk! My inspirasie vir my rok was dat ek wou skitter en skyn op my matriekafskeid dag. Ek het ook vir iets unieks gesoek soos spesiale borduur werk of 'n mooi patroon op my rok en toe vind ek sommer albei in een! Heel per toeval het ek die rok aangepas, want wat is die soektog na die perfekte rok sonder 'n lekker sessie van verskillende rokke aanpas. Ek was mal oor die rok en het dadelik geweet dat dit my matriekafskeidrok sou wees!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my mariekafskeidrok was dat ek soos 'n glinsterende ster daarin gevoel het en die pragtige gedetailleerde borduur werk wat op die rok was wat my elegant laat voel het en asof ek uit 'n sprokies verhaal uitgekom het. Die borduur werk is eerlikwaar my gunsteling deel van my rok vir my gewees met al die skitterende sequins wat my rok uniek en kleurvol gemaak het, ten spyte dat dit eintlik 'n wit rok is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media