Mia Hofmann

Hoërskool Duineveld

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het ek self ontwerp en laat maak by die alombekende Jolandie Fouche in Potchefstroom , sy het my wildste verwagtinge oortref deur my rok minimalisties maar vloeiend te maak, met net genoeg detail om jou oog te vang . Die rok is klasiek en elegant vir enige stylvolle geleentheid en het vir seker my borrelende persoonlikheid gekomplimenteer. My rok word deur deur 3 woorde beskryf: Verstommend, glansryk en gesofisitikeerd.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

20 April 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was een van Jolache Couture se rokke wat ontwerp was vir Mej Suid-Afrika in 2022. Die ontwerpstyl het my geïnspireer om my rok soortgelyk te ontwerp met my persoonlike styl , smaak en kleur by te voeg om die rok enig in sy soort te maak .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die besonderse detail wat die materiaal , wat spesiaal vir my laat maak is, asook die swarovski kristalle wat die rok afgerond het, insluit.

Datum van matriekafskeid?

2023-04-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media