Mia du Randt

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Tannie Elmerane van Rensburg van “Orijinel” het my rok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was opsoek na n rok wat my oë laat pop. Iets elegant en stylvol. Die blomme was die laaste detail wat vir my skoonheid en hoop uitbeeld. Deur die koue winter en die storms in die lewe, is daar altyd blomme wat nogsteeds groei, vertroosting en geluk bring. Ek voel dat die rok my persoonlikheid uitbeeld, omdat dit stil, maar steeds stylvol is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok het vir my sekerheid in my selfvertroue gegee. In die rok kon ek net myself wees en soos n prinses voel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die regmaak-proses was definitief vir my die hoogtepunt van my matriekafskeid. Toe my hare en grimering gedoen was, het alles stukkie vir stukkie bymekaar gekom. Dit was n droom, wat skielik ñ werklikheid geword het.

Planne vir na matriek

Ek gaan n haarkappery-kursus by Qualitas in Bloemfontein neem.

Gunsteling woord in Afrikaans

Lekker

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media