Mia Capello

Esslenpark Senior Secondary school

Tuisdorp

Worcester

Skool

Esslenpark Senior Secondary school

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Irene's boutique . My ontwerper is vir my baie spesiaal ,want sy het my eerste rok gemaak toe ek 2 jaar oud was. Sy het altyd my styl verstaan en my idees tot lewe gebring. My visie vir my rok het sy perfek vertaal .Haar geduld en hoe sy elke detail aanpas sodat die rok vir my betekenisvol en uniek is waardeer ek baie.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets hê wat elegant is, maar steeds my persoonlikheid weerspieël. My inspirasie was om te gaan vir n "Hollywood look", Zendaya se 2024 en Rihanna se 2021 Met gala rok was die grootste inspirasie . Ek het besluit op n swart rok omdat dit tydloos en klassiek is,maar ek wou nogsteeds uitstaan met "modern flair",terwyl die glinsterende detail my herinner aan sterre. My groot moue simboliseer my uniekheid. My rok het my laat voel soos die beste weergawe van myself, en my trots op hoe ver ek gekom het. Die rok weerspieël die afsluiting van my skoolloopbaan . Vir my was my rok my eie 'red carpet moment',ek het gevoel soos n ster .

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my meer as net n mooi kledingstuk . Die rok verteenwoordig al my harde werk,opoffering en drome wat ek gehad het om tot by hierdie oomblik te kom .Alles is te danke aan my ouers wat dit vir my moontlik gemaak het ,wat vir my waardes geleer het sodat ek kon skyn met selfvertroue op my matriekafskied.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskied was toe ek by die saal ingestap het en almal my rok aanskou het .Die oomblik was so spesiaal, ek het gevoel soos n ster op die rooi tapyt . Om saam my vriende te dans en te lag het die aand nog meer onvergeetlik gemaak.

Planne vir na matriek

Na matriek wil ek graag gaan studeer om as ʼn Aarbeidsterapeut kinders te kan help om lewens tekort kome te hanteer.Ek wil myself ontwikkel,nie net akademies nie ,maar ook geestelik. Ek wil groei in my geloof en leer om meer op God te vertrou.My grootste doel is om my drome na te jaag en om ʼn impak op mens se lewens te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Koggelmannetjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media