Mia Botha
Hoërskool Ermelo
Tuisdorp
Ermelo Mpumalanga
Skool
Hoërskool Ermelo
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Anel Botha Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is eintlik ’n kaalvoet, boomklim, buitelug-meisie wat lief is vir perde. Ek dra selde rokke, maar vir my matriekafskeid wou ek graag vir ’n slag een dra. Dit was vir my belangrik om gemaklik te voel en steeds net ek te wees.
Anel Botha het die rok ontwerp, en die diep sakke (sodat ek nie ’n handsak hoef te dra nie) was beslis ’n wenner! Ek het my rooi Heart-Break Converse saam met my rok gedra — dit het perfek by my persoonlikheid gepas.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die bloedrooi rok het pragtig gelyk met my pikswart liefling perd, Moon Shadow. Die fotosessie op die plaas Perdekraal was pure pret – net ek, my perd en hope goeie herinneringe wat ek altyd sal koester.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My pa se gesig toe hy my die eerste keer in die rok gesien het
Planne vir na matriek
Ek het van kleins af ń liefde vir perde en gaan dit my beroep maak
Gunsteling woord in Afrikaans
NEE
Datum van matriekafskeid
2025-10-02