Merike Kriel

Midstream College

Tuisdorp

Centurion

Skool

Midstream College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die talentvolle Marius de Jager van Designs by Marius het die rok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was 5 jaar oud toe ek in 2012 my niggie se matriekafskeid bygewoon het. Haar rok was soos niemand anders sin nie! Sy het 'n kort wit rokkie gedra met talle wit blomme. My klein koppie het die rok, tesame met al die "glits" en "glamour" van 'n matriekafskeid bewonder. Van daardie dag af het ek myself belowe dat ek net so uniek soos sy op daardie verhoog wil lyk. Hoekom moet ek inpas as ek kan uitstaan? Dertien jaar later en ek het nogsteeds die prentjie in my kop. Ek ag myself ook as 'n minimalistiese persoon. Soms moet jy nie altyd oorbodig gaan nie maar liewers toelaat dat die klein details, soos daardie flippen duur oorbelle, hulle ding doen en hulle storie vertel. En so, te danke aan Marius de Jager, het ons dit reggekry om die klassieke rok tot stand te bring.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die hoeveelheid keer wat ek gehoor het "Merike, die rok is so JY!" is te veel om te tel. Ek weet nie hoe 'n rok 'n mens se persoonlikheid kan uitbeeld nie, maar tog doen my matriekafskeidrok presies dit. God het elke persoon so uniek geskape met 'n baie spesifieke doel en die rok is vir my 'n simbool om getrou te bly aan wie ek is en nie myself te verander om in te pas nie, al mag jy die enigste persoon met kaal bene op jou matriekafskeid wees. Ek dra ook my rok op na sekere vroue in my familie wat saam met my gedroom het oor die dag. My Ouma het beslis die meeste oor die dag gedroom. Dit herriner my aan susterskap, dogterskap en vriendskap wat gepaard gaan met vrou wees!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Elke bietjie wat ek gedans het! Van die dansvloer tot ons "after party" waar ek en my vriendinne op Josiah Queen gedans het. (En die rok maak dit soveel makliker terwyl ek steeds 'n lekker "twirl" kry soos ek dans en draai."

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar die goeie nuus van Jesus in ander lande deel saam met 'n sendelingsorganisasie, Fire & Fragrance.

Gunsteling woord in Afrikaans

Omhels

Datum van matriekafskeid

2025-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media