Mene’ de Beer

Afrikaanse Meisies Hoerskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou van dag een af soos 'n prinses in my rok voel. Ek wou dat my rok my persoonlikheid weerspieel en dit moes nie net 'n rok wees wat die mode neiging volg nie. Swart is dramaties en elegant en tog is die blomme so sag en vroulik. Ek het hierdie prinses rok in my hart gedra en Willem het dit vasgevang in die werklikheid toe hy my rok gemaak het. Hy het geweet dat groot volumes materiaal die perfekte vorm gaan skep en die hele 6m gebruik om 'n vol rondte vir die onderkant te maak wat sagkens en grasius saamsleep wanneer ek loop.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaanse Meisies Hoerskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleintyd af was ek daagliks groot gemaak met die wete dat ek die blom in die woestyn is en dat ek moet blom maak nie saak wat om my aangaan nie. Die Bybel teksvers Jes 35:1&2 wat aan my naam se betekenis gekoppel is was as klein dogtetjie vir my moeilik om te memoriseer en van daar het die vereenvoudigde blom in die woestyn gekom. Ek wou graag met die afsluit van my skool loopbaan ook hierdie lewens motto inbring omdat dit my deur 12 jaar gedra en versterk het elke keer wanneer ek swaar gekry het. Dis so simbolies vir my om op die mees spesialste geleentheid van my skoolloopbaan letterlik te kon blom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is wanneer ek draai en die massa blomme omring my. My rok verander so van vorm wanneer ek stil staan na wanneer ek beweeg, draai en dans. Van elegante kalmte na die dramatiese massiewe prinses wanneer ek draai. Die mooiste mooi is die sagte sleep wat my volg wanneer ek loop en werklik soos 'n prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media