Melandi Nabal
Hoërskool Durbanville
Ouderdom
18
Tuisdorp
Durbanville
Skool
Hoërskool Durbanville
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het saam met Ilse Roux gewerk om my droomrok in ń realiteit te verander. Sy het ure spandeer om die kristal gradiënt met die hand vas te werk en die lae mesh perfek aan mekaar gesit. Niks sou moontlik gewees het sonder haar en haar wonderlike span nie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Graad 6 Melandi het afgekom op ń Pinterest foto van ń pragtige Koreaanse balrok wat die oorsprong aan my ontwerp gegee het. Ek het altyd geweet dat my matriekafskeid rok my soos ń prinses moet laat voel. Daarom het ek ń ontwerp met ń onderrok en baie lae gekies om die "ballgown" effek te skep. Tannie Ilse sal ook vir jou sê dat ek 'n "drama queen met ń flair for the dramatic" is, so ek is bly dat my rok my persoonlikheid kon weerspieël deur sy uniekheid.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok simboliseer my skoolloopbaan. Om van graad 6 af te weet wat jy wil hê en dit te sien realiseer is spesiaal- ek het die geleentheid gehad om saam met my droom te groei.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Almal sê die hoogtepunt was die instap op die rooi tapyt, maar vir my was dit my vriende se reaksies binne die saal. Die oomblik na die instap saam met hulle was 10 keer beter as die mammas se oë op my terwyl ek my beste probeer om my wind verwaaide hare uit my gesig uit te hou.
Planne vir na matriek
My plan is om volgende jaar BCom Regte by Stellenbosch te studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sjabloon
Datum van matriekafskeid
2025-10-02