Megan van Rooyen

Hoërskool Kempton Park

Tuisdorp

KEMPTON PARK

Skool

Hoërskool Kempton Park

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ontwerp deur Izelle Otto Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was die idee om ligte wees in 'n donker wereld. Ek wou he my rok moes wys dat jy nie bang hoef te wees om uit te staan nie.Die ryk blou kleur simboliseer krag, self vertroue en hoop, 'n herinnering dat selfs in skadu's, daar altyd iets is wat helder kan skyn.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok beteken vir my meer as net 'n mooi uitrusting, dit verteenwoordig self vertroue, groeie en die moed om uit te staan.Elke vou herinner my daaraan hoe ver ek gekom het en dat ek waardig is om te skyn.Dit simboliseer lig, selfliefde en die mooi in anders wees. Wanneer ek dit dra, voel ek sterk, eligant en trots op wie ek is, as of ek van binne af staal.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van die matriekafskeid was toe ek in die saal in gestap het. Vir die eerste keer het dit gevoel asof ek aan die einde van 'n groot hoofskuk van my lewe gekom het.Al die harde werk, stress en trane van matriek het vir een aand verdwyn.Te ek daans, het ek besef dit is nie net 'n afskeid nie, maar ook 'n viering van hoe ver ons gekom het.Daardie gevoel van vreugde sal ek nooit vergeet nie. Dit was die perfekte afsluiting vir my skool jare.

Planne vir na matriek

Na matriek gaan ek by Isa Carstens gaan studeur waar ek 4 jaar gaan spandeer om Simologie en Dermologie te leer.Die skoonheid van die liggaam en vel was nog altyd 'n passie vir my. Ek wil graag ander laat self versker en mooi laat voel soos wat hulle moet.

Gunsteling woord in Afrikaans

Geloof

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media