Megan Smith

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die basis van my rok bestaan uit swart Dutchess Satin, met Chantillie Lace bo-oor, en die bokant uit n dowwe matt Organza. Geborduurde lap met goue kralewerk is sorgvuldig uitgeknip en strategies op die korset en die wye rompgedeelte met sy sleep, vasgewerk. Die korset is gemaak-pas aan my lyf en afgerond met n afskouer-moutjie van Chantillie Lace. Twaalf oorgetrekte knopies met lussies, wat my skooljare simboliseer, rond die skepping aan die rugkant af. Aan die voorkant is n slit met n gedeelte van Chantillie Lace wat uitsteek, en n kombinasie skep van antiek en modern. Gebruik van verskillende materiale gee diepte en perspektief. Die strategiese ontwerp, uitleg en maak van my rok is met presiesie uitgevoer deur Anje Pantsegrouw van Anje Bridal Couture Stellenberg, in die Kaap.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Kempton Park

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie kom definitief uit n plek van ouwêreldse sjarme, barok en die tydlose elegansie van misterieuse rokke uit vervloë eras. Toe ek twee jaar terug die prag skeppings van Zuhair Muhrad, n Libanese Couture ontwerper raakgesien het, het ek net geweet, hierdie ryk dramatiese koninklike skeppings van swart en goud, is presies wat ek in gedagte het vir my "ligte, kamera en aksie-oomblik op die rooi tapyt!" Van die begin af wou ek n unieke skepping en meesterstuk vasvang asof die rok stap uit n glansende teater wêreld van delikate detail en romantiese drama. My liefde en passie vir kuns, geskiedenis en drama, is deurtrek in die keuse van my rok, en reflekteer my karakter en persoonlikheid! Presies wie ek is! Gesofistikeerd, elegant, uniek en n absolute kunswerk op sy eie, en n rok wat sê: "Onthou my!"

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was onmiddelik verlief op die luuksheid en kwaliteit van die materiaal en dit was vir my n deurslaggewende faktor in die uitvoer van hierdie verruklike skepping. Dis asof die rok n lewe van sy eie het! Anje het die magiese dinamika en silhoette tot op die letter reggekry. Toe ek gaan vir my eerste passing, en ek sien haar unieke ontwerp van die goue kralewerk op die voor en agter korset gedeelte wat kompleet lyk soos engelvlerke, het ek letterlik gesnak na my asem, want dit simboliseer presies wie ek is, waarvoor ek staan, en ook my gunsteling sê-ding van: "Vlieg hoog. Droom groot!"

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media