Megan Seyfarth

HTS Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok se kleur is teal. Dit kom definitief meer blou voor, met 'n groenerige glinster in die lig. Die materiaal is baie uniek, aangesien dit beide blou en groen kan vertoon maar in sommige lig verskyn daar ook 'n pers skynsel. Dit is n heel eenvoudige snit. My rok het 'n lae, oop rug, omring met pêrels, wat ook op my bandjies oploop. By my middel is daar "ruching" wat my middel vorm gee. Die "slit" by my been gee 'n mooi effek wanneer ek loop en my rok het ook 'n sleep, nie te lank nie, wat 'n elegante beeld skep.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, HTS Middelburg.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou 'n elegante, nie té besige rok hê. Ek het gevoel daar moet tog n "Wow-Factor" wees, en dit was my rug. Ek het gereeld "gepinterest" en toe 'n klomp idees, saam met my eie gevoeg om my droom rok te skep. Ek glo heel sterk in "less is more", ek dink ek en my ontwerper het dit bereik!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die pêrels. Dit het 'n diep betekenis in my lewe. My naam beteken pêrel en my geboortesteen is ook 'n pêrel. Maar hoe 'n pêrel vorm, is wat vir my diep betekenis dra; 'n Pêrel kan nie vorm as die oester, waarin dit vorm, nie in 'n manier gewond word nie. 'n Pêrel is dus 'n geneesde wond. Pêrels is 'n produk van pyn, die gevolg van 'n vreemde of ongewenste stof wat die oester binnedring. Die selle in die oester bedek hierdie ongewenste stowwe met baie lae om die weerlose liggaam teen die stowwe te beskerm. As gevolg hiervan word 'n pragtige pêrel gevorm.Romeine 8:17-18 sê: "Die moeilike dinge waardeur ons dalk nou gaan, is regtig niks in vergelyking met die heerlikheid wat later in ons geopenbaar sal word nie." God laat nooit pyn sonder 'n doel toe nie. Ons is dus pêrels wat vorm deur die pyn wat ons ervaar in ons lewens en dit help ons besef dat daar 'n doel met ons is.Laas jaar dié tyd het ek my ma verloor. Dus glo ek dat die pêrels 'n pragtige herinnering van my ma skep en dit ook 'n betekenis by my dra na die pyn om haar te verloor. En ek glo dit het haar sodoende deel gemaak van dié groot dag wat sy saam met my moes deel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media