Megan Marais



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My grootste vereiste vir my matriekafskeid was dat almal wat insae in my dag gehad het, mense moes wees wat ek ken en waarmee ek ‘n verhouding het. So, dit was baie maklik toe ek moes kies wie ek wou hê moet my rok maak. Mariaan Zwaan is ‘n ontwerper van my tuisdorp Secunda en ek ken haar al van my geboorte af! Van haar trourokke het selfs al tydskrifte se voorblaaie gemaak. Ek en sy het al in Januarie maand begin gesels oor my rok en sy het dadelik my visie verstaan. Maande se handewerk het in daardie kralewerk in gegaan om my droom ‘n realiteit te maak. Die eindproduk beeld my geel persoonlikheid perfek uit… uniek, anders en beslis ‘n uitdaging. Ek het defnitief soos ‘n prinses gevoel en sou nie myself in ‘n ander rok kon sien nie. Tannie Mariaan het van die begin af gesê dat sy vir my ‘n show-stopper gaan maak, en sy het daarin geslaag.