Megan Kruger

Afrikaans Hoer Meisies skool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In 2018 het ek as Graad 8 na my Hoofmeisie gekyk in haar koningsblou matriekafskeid rok en gedroom dat ek eendag ook 'n potblou rok sou dra vir my matriekafskeid. Vier jaar later het ek die voorreg gehad om as die Hoofmeisie my droom rok te dra – koningsblou, nes my Dame. Die rok was die perfekte kombinasie van die prentjie in my kop, my ma se wyse insae en die ongelooflike talent van Jana van Silver Swallows. Dis soveel meer as net my rok, maar 'n droom wat waar geword het, die blou van my skool en die stukkie van my Graad 8 self wat ek saam met my kon dra. By Affies is alles blou, met enkele stukkies pienk tussen in. My rok was dus my weergawe van my skool, die blou rok met die klein stukkie pienk van my skoene. Elke matriek droom lank oor haar matriekafskeid rok – en my rok het my grootste drome oortref. Dit was my ware Aspoestertjie-oomblik!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media