Megan Kruger

Helpmekaar Kollege

Ouderdom

18

Skool

Helpmekaar Kollege

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Rihette van 39 Dresses. Ek wou eers n baie eenvoudige rok dra vir matriekafskeid maar toe raak ek verlief op die materiaal toe ons lap gaan koop het. Ek het daarna my hele rok se ontwerp verander na die blink patrone bo-op n “metallic” materiaal. Die korset wys altwee die lappe aangesien die “boning” die onderste lap na vore bring.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die rok beeld uit wie ek is. In my gunsteling kleur is ek gemaklik. Die ontwerp stem saam met die stelling dan minder meer is (less is more). My vermoe om maklik deur moeilike hoofstukke van die lewe te beweeg word uitgebeeld is die materiaal se aanpasbaarheid in verskillende beligting en die maklik vloei van die lap. My matrikafskiedrok beeld uit wie ek is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die manier hoe die materiaal reageer op beligting. Wanneer daar direkte sonlig op die materiaal val dan reflekteer dit die lig op n sagte en elegante manier. Die lap beweeg baie maklik en is baie lig. Baie maklik om in te beweeg. Die rok het haar eie persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media