Megan Geyer

Hoerskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die bostuk van my rok het dadelik my aandag getrek oor die kleurvolle patroon en tekstuur. Ek het talle rompe by die bostuk aangepas maar het dadlik gemaklik gevoel in die half deursigtige swart romp met valle tot op die grond. Carike Nel het my 100% vasgevang in die ontwerp van my rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou ‘n matriekafskeidrok dra wat my persoonlikheid uitbeeld en waarin ek die hele aand gemaklik kon voel en dans. Ek het van die begin af geweet dat ek my Dr. Martens “boots” gaan dra maar met die swart hoed gekombineer het die hele uitrusting bymekaar gekom en die prentjie voltooi.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die twee-in-een stuk romp was beslis my gunsteling deel van die rok. Onder die ligte valle romp, wat ek kon afhaal, was ‘n swart “sequenced” broekie, ideaal vir die “after party look”.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media