Megan Fourie

Hoërskool DF Malherbe, Port Elizabeth

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is 'n meisie vir n kortbroek en plakkies en het nog nooit in rokke belangestel nie. Ek het altyd gedink dat ek 'n rokkie net bo die knie gaan dra vir my matriekafskeid. In 2021 was ons by 'n geleentheid waar daar bemarkingsfotos vir 'n trou- en wittebrood bestemming geneem is en ek het 'n rok deur die ontwerper in dieselfde styl gesien waaroor ek mal was. My ma het die ontwerper gevra of ek die rok kon aanpas en ek het verlief geraak op die wye rok. Ek het soos n prinses gevoel in hierdie rok. Toe dit tyd was vir my matriekafskeid het ek vir die ontwerper gese dat ek daardie styl rok wil he en hy het dit toe ontwerp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool DF Malherbe

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek speel al van n jong ouderdom af krieket en het nog altyd gedroom om eendag vir die Proteas te speel. In Desember 2022 het ek die SA skole onder 19 span gehaal. Ek het altyd gedink aan n groen rok met blomme op en toe besluit ek dat die blomme Proteas moet wees. Die proteas op my rok is fotos wat my pa voorheen geneem het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die proteas omdat hulle soos regte blomme lyk wat jy in die veld kan pluk. Ek is mal oor die verskillende lae pink en blou netting wat onder my rok is. Die fyn detail om die korset en oor die skouer is vir my baie mooi. Die bandjie oor die skouer het klein gemaakte proteas op wat vir my baie oulik is. Die lekker ding van my rok is dat ek vellies daarby kan aantrek omdat dit n veld tema het.

Datum van matriekafskeid?

2023-04-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media