Megan Erasmus

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het die ontwerp van my rok gekies want dit is simplisties en elegant. Die kleur rooi was nog altyd my gunsteling kleur vir 'n aandrok. Ek wou van die begin af n lae rug gehad het en hou baie van die idee dat dit skuins afkom. Die geplooide net aan die kant gee 'n baie mooi vloeinde effek as jy loop. Anel Botha het my rok mooier gemaak as wat ek ooit van kon droom.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Idees op Pinterest het my geïnspireer. Ek het lank gesoek en na baie rokke gekyk. Ek wou 'n rok gehad het wat by my pas en waarin ek gemaklik kon wees, dans en dit geniet, maar steeds mooi lyk daarin.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok se agterkant, die rug met die detail van die krale

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media