Megan Daniel

Hoërskool Parys

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek sou nooit kon droom dat ek ń "navy" matriekafskeidrok sou dra nie. Maar toe ek die lap teen my vel hou, het alles inplek geval. Die donker kleur komplimenteer my porseleinvel en blonde hare. Ek wou nog altyd ń rok met klassieke lyne gehad het wat in sagte lae na onder uitklok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou elegant lyk met ń rok wat baie detail aan die bokant het. Die korset-bolyf met fyn kant wat lyk of dit aan my groei was deel van my ontwerp. Ons het lank gesoek na die perfekte materiaal. Die onderkant van die rok het vele fasette, omdat dit uit lae net, met verskillende kleure bestaan het. Die detail van die kant-korset het afgevloei na onderkant van die rok. Hierdie rok gee ń gevoel van koninklikheid!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok het ń eenheid gevorm, maar die deurskynende kant met unieke patrone was my gunsteling deel. Veral die oop rug, waar die kant lyk of dit op mens groei.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media