Megan Brooks

Witteberg Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit is ñ donker blou rok, met blinkers in verskillende patrone. Dit is ñ een skouer rok, met lang krale wat oor my skouer hang aan die kant waar die mou is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek ñ klein dogtertjie was, het ek gesê ek wil eendag soos ñ prinses voel met ñ blou rok. Toe ek uitvind in hoërskool is daar iets soos ñ matriekafskeid, het ek geweet dit is die aand wat ek soos ñ prinses wil voel, wanneer ek wil mooi voel, en bietjie gesien wil word. Die dag toe ek daardie eok aanpas weet ek hy was die een, in my lewe het ek nog nooit so mooi gevoel nie. Dit was die rok wat klein Megan sou trots maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur!! Die perfekte kleur wat my oë nog meer laat uitstaan. Wat my bleek vel, nie so bleek laat lyk nie, wat my laat voel het asof ek uitstaan. Uiteindelik raakgesien word deur die mense rondom my, aangesien ek maar baie skaam is en nooit wil uit my dok uit klim nie, was hierdie vir my een groot geleentheid om bietjie uit te kom, en vir die mense te wys wie ek regtig is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media