Mea Myburgh

Hoërskool Brits

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Onvoorwaardelik

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek rokke gaan pas het,het ek geweet dat ek ñ swart rok wou hê. Mens sou verwag dat die rede daarvoor sou wees dat swart n "veilige keuse" is, mens kan tog nie verkeerd gaan met n swart rok nie...maar die regte rede is dat ek n rok wou hê wat koppe sou laat draai maar nie sou wegneem van my menswees nie. Ek is misterieus,lojaal en straal ñ gevoel van veiligheid uit vir die mense om my. Die rok moes net genoeg detail hê om die oog te vang, maar minimalisties genoeg wees om nie weg te neem my natuurlike skoonheid nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok beteken vir my dat alles wat in die lewe tot n einde kom, die begin is van iets nuuts. Die droom-matriekafskeidsrok wat jy in laerskool tydens klastyd geteken het, sal uiteindelik sy oomblik hê, dalk net een keer gedra word en dan in die kas hang en stof opgaar. Dit is dan tyd om te bou op die mooi van daardie droom en nuwe droom te hê en uit sien na ñ nuwe mylpaal wat die beste in jou kan uitbring. Jy kan dan weer droom oor jou droom-trourok. Dit gaan nie oor die rokke self, maar wat dit simboliseer vir my: Dat Here altyd dit wat tot n einde kom sal vervang met iets nuuts,iets better. Nuwe drome en iets nuuts om na toe te werk. Hy sorg. 2 Korintiërs 5:17-" Daarom, as iemand in Christus is,is hy n nuwe skepping:die ou dinge het verby gegaan,kyk,dit het alles nuut geword."

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media