Marzelle du Plooy

Potchefstroom Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het die dag by Leo Validus ingestap in Potchefstroom en nie n duidelike idee gehad van hoe my perfekte rok moes lyk nie, maar wel daar uitgestap met die grootste glimlag op my gesig en die mooiste rok op my lyf. Die kleur was iets heeltemal buite my gemaksone, maar ek sou dit nie anders wou gehad het nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Potchefstroom Gimnasium

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek en my ontwerper het lank gesit en idees by mekaar gesit om te kyk wat die beste by my sou pas. Ek wou n gemaklike, elegante rok gehad het met n kleur wat uitstaan en wat my rok anders sou maak van enige iemand anders. Dan natuurlik die belangrikste was om n lekker aand te hê en nie te stres oor n rok wat ongemaklik sit nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die crystal lace wat op die hele bo kant van my rok gebruik is en die centre front slit. Burnt oranje is nie n algemene kleur wat baie mense sal kies nie omdat dit n riskant kleur is, maar na maande se gesoek na die perfekte kleur kon ek nie n beter besluit gemaak het nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media