Ek was in Gr 8 gewees en dit was my broer se matriekafskeid. Die opwinding van die afskeid was net te veel vir my gewees en ek het dadelik begin soek na rokke vir idees. Ek het n foto gesien van n rok gesien en het dadelik verlief geraak op die patroon. Ek het onmiddelik vir my ouma gesê: Dít gaan my rok wees! Dit was n halternekrok met n blou ombre kleur.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kleur blou het n diep betekenis vir my.
Die ombre blou het my laat dink aan die pragtige diep blou see op n helder sonskyndag.
Die kleur blou is die kleur van vrede en geregtigheid: vrede met jouself en met ander.
Die fyn detail van die rok komplimenteer my delikate, fyn postuur.