Maryna Erasmus

Hoërskool Bekker

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Smaraggroen was my keuse of enige skakerings van groen. Hierdie rok het alles saam verteenwoordig. My ontwerper, Catherin Walk, het my droom van korset,vleiende lyne om my heupe waar gemaak. Kersie op die koek met 'n slit en vleiende sleep, het my romantiese figuur beklemtoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Eenvoud,stylvol en sagtheid om die skouers was my inspirasie. MAAR wou my impulsiewe,speelse humor ook uitbeeld. Dis waar die slit en blink krale-werk saam moes speel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die korset-deel, wat my middel mooi gevlei het, maar ingevloei het met die blink groen onderrok, so ook die kant sleep as elegante afronding.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media