Maryka van den Bergh

Hoërskool Jim Fouche

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n video op Instagram gesien van 'n kleurvolle rok en dadelik van die idee gehou. Ek loop al lank met die prentjie in my kop van hoe my rok moet lyk en die ontwerper van Gerhardt Shebe Creations, het dit presies gemaak soos ek dit my voorgestel het. In my hart is ek 'n Hippie en hou van baie kleure. My gunsteling kleur is geel en dit is wat die basis kleur van my rok is. Die voertuig waarmee ek matriekafskeid toe gegaan het, was die Hippie bus en my rok moes daarby pas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Jim Fouche

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het met my 16de verjaarsdag 'n Hippie partytjie gehou en toe al besluit ek wil met die Hippie kombie (Blossom) matriekafskeid toe gaan en my rok moes by die kombie pas.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was hoe kleurvol dit is. Daar is geen deel waarvan ek nie hou nie, ek hou van alles maar as ek moet kies, is dit die kleure. Dit is presies hoe ek dit wou hê. Ek hou van die "Fairy tail look" daarvan, die sagte romantiese gevoel daarvan het my soos 'n prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-06

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media