Marloïze Bester

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was n sagte baba blou kleur met n glitter blou lap. Met ‘n skitterinde diamant kralewerk korset wat agter toe geruig word, ‘n A-lyn snit en ‘n liefling neklyn was hy afgerond met ‘n sagte belt vir die perfekte vleiende voorkoms. Ek was in my noppies!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die oorsprinklike insperasie was nie om soos ‘n Disney prinsess te lyk nie, maar die eindoel was om soos een te voel. Ek het die goue geleentheid gekry om my persoonlikheid te weerspieël en ook terselfde tyd my blou oë te komplimenteer. Elsa van Frozen kan maar gaan slaap, want danksy aan Willem Terblanche Couture was ek die prinsess van volmaak en al my drome was oortref.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok was werklik my gustelling, maar een klein besonderheid wat uitgeblink het, was beslis die diamante wat my borste uitgehef het . Ek voel hy het my vorm mooi en sag laat vertoon. Van my liefling neklyn tot en met die snit was my rok ‘n ware oortreffing! Ek het werklik soos ń prinsess gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media